Ds Willie Botha (Tel. 061 411 934 070)
Ds. Petrus en Willemien Dreyer (Tel. 0499 750 142)
DS WILLIE BOTHA
Willie Botha is sedert 25 Oktober 2020 die tweede predikant van die Gereformeerde Evangeliese Kerk Bunbury.
Ds Willie en sy vrou Tania, was vir 12 jaar die leraarspaar van die Hervormde Kerk in Lydenburg, Mpumalanga. Hy het ook die gemeentes Krugersdorp, Heilbron en Bulawayo kombinasie bedien.
Ds Willie en Tania, het ’n passie vir mense. Die erediens vorm die hart van ons gemeente, en dit is ’n groot voorreg om saam met die gemeente elke Sondag die erediens aan te bied.
Hy’s ’n boorling van die Karoo.
Ds PETRUS DREYER
Ds Petrus Dreyer is in 2011 as predikant georden. Hy het vir 6 jaar hervormde gemeente Barberton (Mpumalanga) bedien. Daarna het hy gemeente Seester Brackenhurst (Alberton) vir ‘n verdere 6 jaar bedien.
In 2022 het hy en sy gesin na Wes-Australië verhuis en ‘n tuiste in Bunbury gevind.
Petrus Dreyer is sedert 16 April 2023 leraar van die Gereformeerde Evangeliese Kerk Bunbury.
Hy is geroepe om God se Woord te verkondig en die gemeenskap te dien.